Kom loer in!

Tripadvisor

Ontdek MO & ROSE se uitspanplek aan die voet van die Langeberge van waar jy die hele Robertson-wynvallei kan verken. Ons lê in die natuurskone Klaasvoogds-Wes, ’n klompie kilometer buite Robertson op die R60. Ons betowerende tuin met sy skouspelagtige versameling vetplante en bome belowe om jou oopmond te laat. Ons gastehuis en voortreflike wynbistro lê in die middel van hierdie natuurwonder.